Welkom by Heuninghart!

Heuninghart is begin deur Etienne Duvenage die 13de Junie 2025. Die doel van ons besigheid is om vars en plaaslike heuning aan die gemeenskap te verskaf. Ons heuning is soos boeretroos vir die hart, hoe meer jy dit proe, hoe meer wil jy hê, dit maak jou koffie en jou tee heerlik. Dit stop nie by heuning nie, maar ons het selfs beeswax lipbalm wat soet is vir die lippe en help daardie gebarste en seer lippe om weer gesond te word. Ons het ook beeswax handeroom wat help vir gebarste hande en voete en vir die droë winter vel. Ons gee aan die Here die eer dat ons hierdie wonderlike besigheid kon begin. 

Sluit vandag nog by ons aan.